Meer oor Besigheidsplanne.co.za |
|
Ons help mense om besigheidsplanne op te stel. U is besig om te kyk na die formaat waarin ons, ons besigheidsplanne opstel! Interaktiewe lewendige webwerwe. Ons kan u ook help met gewone besigheidsplanne vir finansieringsaansoeke, -aansoeke om huurpersele te huur , besigheidsplanne wat deur konsessie gewers vereis word sowel as besigheidsplanne wat deur privaat beleggers vereis kan word. Hierdie webwerf is dus 'n lewendige dokument en gids wat jou sal help en lei om 'n suksesvolle besigheidsplan op te stel vir 'n tipies Suid Afrikaanse besigheid. 'n Lewendige dokument wat deur moontlike investeerders gelees kan word nadat u vir hulle die webwerf adres gegee het maar ook 'n lewendige dokument wat gevind kan word deur moontlike investeerders in u projek deurdat hulle soekenjins gebruik het om u webwerf te vind. Presies soos u hierdie webwerf gevind het! Hoekom wil u dokumente druk en aanstuur per e pos indien u slegs 'n skakel na 'n voornemende belegger kan stuur? 'n Skakel na webwerf soos hierdie. 'n Webwerf met videos en fotos? Behalwe dat ons u kan help om 'n besigheidsplan op te stel, kompleet met begrote finansile syfers, skep ons vir u 'n webwerf wat wreld wyd deur moontlike investeerders gelees kan word. U kan ook ons gratis besigheidsplan raamwerk gebruik en 'n besigheidsplan opstel en indien vir finansieringsaansoeke by finansile instellings. Ontmoet die webwerf se webmeester Francois Marais.
Nuttige bronne en verwysings op die internet
Die volgende is verdere nuttinge bronne en verwysings:
Ander finansiele instellings het ook soortgelyke riglyne op hul webwerwe of kan vooraf aangevra word.
Dis 'n goeie idee om vooraf by die insteling wie die besigheidsplan verlang navraag te doen of daar spesifieke riglyne en of formate is.
U kan ook by winkels soos die CNA vir so min as R100 'n goeie basiese raamwerk boek koop wat u vertel wat is 'n besigheidsplan.
Daar is ook aanlyn sagteware beskikbaar wat u kan help om 'n besigheidsplan op te stel. Ongelukkig nie altyd in die Suid Afrikaanse konteks nie en in engels. Sien byvoorbeeld:
Koste
Die gemiddelde koste van 'n besigheidsplan is R8,000. (20 ure se werk teen R400 per uur.)
Wat nou? Indien die kostes u nie afskrik nie stuur asseblief vir my so veel as moontlik inligting ten einde vir u so gou as moontlik te laat weet:
Ek sal saam met die kwotasie 'n raamwerk aan u stuur van die voorgestelde uitleg van die besigheidsplan. |
| Terug | Terug boontoe |



